Mariska glo dat musiek met die hart praat op ’n manier wat woorde alleen nie kan nie en dit is beslis ’n raak beskrywing van hierdie nuweling se treffende aanslag, wat beloof om groot opslae te maak in die Afrikaanse Musiekbedryf.
Continue reading…
Nuweling Mariska maak haar nuwe enkelsnit bekend
Enjoyed this post? Share it!
Die gewildste Afrikaanse groep in die landop die oomblik, Heuwels Fantasties vier ’n dekade met ‘alles van die beste’
Hoe kies jy jou gunsteling liedjie(s) van die gewildste Afrikaanse groep in die land, Die Heuwels Fantasties? Jy kan nie…
Met treffer na treffer, het hierdie talentvolle ouens dit gelukkig makliker vir almal gemaak deur self die beste van die bestes te kies met die vrystelling van Alles Van Die Beste – ’n CD én DVD wat die hoogtepunte van ’n dekade se unieke skeppings van Die Heuwels Fantasties in een versameling ten toon stel!
En beste van als? Die Heuwels Fantasties is terug met ’n splinternuwe treffer enkelsnit, Niks en Nêrens, wat verseker diep in almal se harte gaan kruip – beskikbaar saam met Alles Van Die Beste.
Vir die eerste keer is die musiekvideo van Niks en Nêrens ook boonop vrygestel.
Hoofsanger van die groep, Pierre Greeff, sê oor Niks en Nêrens: “Dit maak nie saak waar jy jouself bevind of hoe hopeloos jy voel nie. Wanneer jy omring is met die regte mense, wat waarlik vir jou lief is, is jy tuis.”
Enjoyed this post? Share it!
Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus, Drie van die Bestes 20 jaar lank – Pretoria
“Drie van die Bestes” – Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus ? bekoor gehore al meer as 20 jaar met wonderlike humor en musiek.
Datum:- 13 Mei 2018
Tyd:- 15:15
Toegang:- R180 – R200
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Elizma Theron is besig om die wêreld aan die brand te sing met haar nuwe album
Elizma Theron is reeds ’n maand of wat besig om die wêreld aan die brand te sing met haar girl power treffer-enkelsnit, Marilyn Monroe, en nou is haar kraakvars nuwe album, Hierdie hart brand liefde, ook op die rakke!
Jy hoef net een maal na hierdie album te luister om te weet dat die omslae hulle vashou moet kén om die energie wat daaruit borrel in toom te hou. Dis ’n viering van die lewe en die liefde wat – selfs wanneer opdraende paaie en uitdagings verken word – deurgans glimlag met ’n onblusbare passie, hoop en ’n huppel in die stap.
Met snitte soos Roep my, Waterval, Jy voltooi my, Dit vat net een, It’s your turn, Wasem van my asem die titelsnit en ’n hele rits ander kry diep, noukeurig geslypte lirieke lewe in aansteeklike ritmes en dawerende vokale lyne, afgewissel met seepgladde harmonieë.
Twee snitte staan in die besonder uit: Marilyn Monroe, wat Elizma met trots opdra aan elke vrou, ongeag van hoe jy lyk, wat jou ag
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Come and Worship saam met Retief Burger en die ShofarBand te Malmesbury Swartland
Kom en aanbid vanaf saam met ons en Retief Burger en die ShofarBand. Die kaartjies kan by Shofar Malmesbury of NG Noord Gemeente gekoop word, besonderhede volg verder in die berig.
Datum:- 5 Mei 2018
Tyd:- 18:30 tot 21:30
Toegang:- R50
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Malmesbury?? <a href="https://www.booking.saffa.com” target=”_blank”>
Enjoyed this post? Share it!
Solo-album én enkelsnit deur Burgerd Botha is beskikbaar
Burgerd Botha het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy sielvolle stem, was nie net vir sewe jaar betrokke by die bekroonde groep Romanz nie, maar tree ook gereeld op by van die land se grootste feeste en konserte. Sy langverwagte debuut solo-album is pas vrygestel en beloof om aanhangers se asems weg te slaan.
Hartlagsiel is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke, wat luisteraars sal uitnooi om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde.
“My CD is een wat ’n mens aanspoor om die lewe elke dag opnuut aan te pak, ongeag vir die feit dat dit soms moeilik is en alles nie altyd volgens plan verloop nie. Die Here verwag van jou om Hom te bly vertrou, aan te hou en die wenstreep in die oog te hou,” verduidelik die sanger.
“Ek wou graag die album so saamstel dat elke lied as ’n enkelsnit op sy eie staan en uitgegee k
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Atterbury Theatre – Stef Bos – Lynnwood – Pretoria
Stef Bos soek naar die KERN van alles. Hij weet hy gaan dit nooit nie vind nie, maar hy bly soek In woorde en songs gedigte en stories. Die ene keer is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoenervleis.
Datum:- 5 Mei 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R160 – R180
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood – Pretoria?? <a href="https://www.booking.saffa.com” target=”_blank”>
Enjoyed this post? Share it!
Len Muller is die nuwe stem agter ‘n kykNET-sitkom
Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.
Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.
“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”
Mense Mense gaan oor ’n groep vriende wat hulle lewens deel deur sa
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
‘n Optrede deur Bobby Van Jaarsveld kan gesien word te Pietermaritzburg
Die ooit so charismatiese Bobby van Jaarsveld vier 10 jaar in die musiekbedryf met sy band by Golden Horse.
Datum:- 26 April 2018
Tyd:- 19:30
Toegang:- R150
Die nag beloof om jou deur Bobby se musikale reis te neem en te wys waarom hy 10 jaar lank daarby is. Maak dit ‘n datumaand terwyl hy al die vonke in jou hart aansteek!
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Golden Horse Casino?? <a href="https://www.booking.saffa.com” target=”_blank”>
Enjoyed this post? Share it!
‘n Nuwe snit deur Cordelia dra ‘n ‘kragtige boodskap’
Cordelia se splinternuwe enkelsnit, Wees Lief is een waar sy die siel agter haar sang in pragtige eenvoud blootlê – ’n diepgaande boodskap in ’n aangrypende mooi musikale pakkie versier!
Die hart van hierdie snit is iets wat al ’n geruime tyd binne Cordelia klop: “Ek wil nog altyd meer as net sing en optree. Ek wil ’n verskil maak”, sê sy. “Die tipe verskil wat mense inspireer om hoop en liefde in alle omstandighede te kies en te lééf.”
Die snit groei van aanvanklik akoestiese snaarklanke en stem, tot die byvoeging van ’n sterk bas- en simfonielyn, tot vol harmonieë en orkes met trom en selfs techno-elemente.
Nes die musiekvideo ten toon stel, werp dit ’n blik op die verskillende nuanses van liefde – van vriendskap, gesins- en familie liefde tot die onbreekbare band van jarelange, Godgegewe liefde tussen man en vrou.
Dit sing van ’n liefde wat verstaan, bly staan, saam staan deur alles, ander opbeur en red u
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
- 3FM Radio